Laerskool Gene Louw

LAERSKOOL

GENE LOUW

PRIMARY

ONS STREWE – NA LIEFDE, GELOOF EN KENNIS | WE STRIVE – FOR LOVE, FAITH AND KNOWLEDGE

In die hart van Durbanville staan Laerskool Gene Louw, ʼn baken van topgehalte-onderrig en tradisie. Gene Louw is ʼn parallelmediumskool met ʼn ryk geskiedenis wat so ver as 1984 terugstrek toe die eerste leerder ingeskryf is. Die skool is na mnr. Gene Louw, Administrateur van die Kaap in daardie tyd, vernoem.
Laerskool Gene Louw het hul deure onder leiding van mnr. Alex Volschenk, skoolhoof vanaf 1984 tot 1990, geopen. Mnr. Koos Lochner het in 1990 by hom oorgeneem. In 1997 het mnr. André van der Westhuizen die leisels oorgeneem en tans staan mnr. W.A.J Gouws sedert April 2021 aan die stuur van sake.
Ons hooffokus is die holistiese ontwikkeling van elke leerder as unieke individu. Ons poog om elke kind in ons skool die regte ondersteuning en geleenthede tot leer en groei te bied om tot die beste van hul spesifieke vermoë te ontwikkel.
Laerskool Gene Louw is bekend vir hul gees en entoesiasme. Die leerders is in drie huise verdeel, elk met hul eie kleur en wapen – Sultana (wit), Barlinka (blou) en Hermitage (maroen). Hierdie huise kompeteer met baie pret en in goeie gees tydens kultuur- en sportgeleenthede om jaarliks ʼn algehele wenner aan te wys.
Wanneer u by Laerskool Gene Louw aansluit, is dit meer as net die begin van ʼn skoolloopbaan. Dit is die dag wat u deel word van die Gene Louw-gemeenskap; ʼn familie wat met trots saamstaan en mekaar ondersteun.

Ons Leuse
Ons Strewe – na liefde, geloof en kennis

Ons Visie
Laerskool Gene Louw is die skool van voorkeur waar kinders ondersteun en begelei word om hulle volle potensiaal te verwesenlik.