Ons bied ons leerders soveel moontlik toegang tot kompetisies, kunswedstryde en olimpiades om op verskillende vlakke mee te ding. Hierdie geleenthede sluit in:
- Jaarlikse Eistedfodd-wedstryde
- Ons eie Spel- en Wiskundeolimpiades
- Streeksolimpiades
By Laerskool Gene Louw geniet ons dit veral om spesiale dae saam met ons leerders te vier. Dae wat gevier word sluit in:
- Wêreldboekedag
- Boomplantdag
- Mandela-dag
- Valentynsdag
- Lentedag